Categories

South Africa: (Afrikaans) Gemeenskap krap kop oor VN-tentedorp

WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.

Original Post Date: 2011-01-06 Time: 03:00:06  Posted By: Grazy

2011-01-06 05:51
Van die eerste tente is vroe(235)ër die week opgerig, maar niemand weet wie die nuwe inwoners is of wie die projek bestuur nie.
Die grond is in 2007 deur me.

Lulu Xingwana, destydse minister van landbou en grondsake, aan 'n groep begunstigdes toegeken.

Die begunstigdes is glo in 1968 deur die apartheidsregering van di(233)é grond verwyder.

Die grondeisekommissaris van Gauteng en Noordwes het die grond aanvanklik aan die beguns(173)­tigdes toegeken as alternatiewe grond nadat hulle die aangrensende grond waarop die weermagbasis se opleidingsentrum gele(235)ë is, ge(235)ëis het.

Die Buffelsdrift-bewarea en inwoners in die omgewing het sedertdien beswaar gemaak teen die besluit en die hofaansoek om die hersiening moet nog afgehandel word.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Desember verlede jaar gelas niemand mag op die grond gevestig word voordat die nodige infrastruktuur nie voorsien is nie.

Mnr. Sipho Ledwaba, wat eergister in 'n tent ingetrek het, sê hy moes net meer as R1 000 vir sy erf betaal, maar weet nie aan wie nie.

'n Ander man, wat nie sy naam wou noem nie, sê hy het tot onlangs buite Polokwane gewoon.

Hoewel daar nog net sowat 30 tente opgeslaan is, het talle voornemende inwoners gister by Beeld se besoek opgedaag.

Mnr. Arnold van Niekerk, DA-raadslid van wyk 5, sê g'n mens weet wie agter die tentedorp sit nie. “As dit 'n VN-vlugtelingkamp is, moet daar sekere prosedures op regeringsvlak gevolg word. Daar is geen infrastruktuur nie.”

Me. Pumla Rulashe, die VNHKV se woordvoerder in Suid-Afrika, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Source: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Gemeenskap-krap-kop-oor-VN-tentedorp-20110105