Categories

South Africa: ‘Engele beskerm’ toe rowers aanval

WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.

Original Post Date: 2011-01-06 Time: 03:00:07  Posted By: Grazy

2011-01-06 05:51

Fanie van Rooyen
'n Egpaar van Derdepoort, noordoos van Pretoria, meen dit is net genade dat die drie rowers wat hulle Maandagaand sowat 40 minute lank aangehou en wreed aangerand het, hulle nie vermoor het nie.

“Die engele het ons vasgehou, dis al hoe ons dit kon oorleef,” het mnr. Johan Joubert (52), wat agt keer met 'n skroefsleutel op die kop geslaan is, gister gesê. Hulle woon langs die misdaadgeteisterde Kameeldrift.

Hy en sy vrou, Karen (45), albei onderwysers aan die Via Nova-skool vir leergestremdes, is eergistermiddag uit die hospitaal ontslaan nadat die rowers hulle in hul huis op hul hoewe vasgebind en herhaaldelik geskop en met die skroefsleutel en 'n wielsleutel geslaan het.

By Beeld se besoek gister het die Joubert-egpaar moeilik geloop.

Hulle het Maandagaand omstreeks 20:15 in die sitkamer TV gekyk toe hulle oorval is.

“Dit het hard gere(235)ën en ons moes die TV baie hard stel en het dus nie gehoor toe hulle die buitedeur van ons slaapkamer oopgebreek het nie,” het mnr. Joubert gesê.

Hul vegboelterri(235)ër, Noenoe, het in die sitkamer opgespring en begin blaf – maar toe was die rowers al binne.

“Die eerste een het met 'n pistool op ons afgestorm, die tweede een met 'n bobbejaan-spanner en die derde een met 'n wheel spanner,” het hy gesê.

“Dit het so skielik gebeur. Hulle het geskree ons moet ‘slaap', maar toe ek op pad was om te gaan lê, het die een my met die bobbejaan-spanner op die kop begin slaan.”

Die derde rower het mev. Joubert herhaaldelik met die wielsleutel op die arms geslaan.

Hul hande is daarna met geroeste doringdraad agter hul r(251)ûe vasgebind.

Mev. Joubert het vertel hoe twee rowers haar deur die huis gesleep het op soek na geld terwyl een by haar man gebly het.

“Ek het hulle gewys waar ons geld is, maar toe een 'n beursie uit 'n kas gehaal het, het 'n pakkie patrone uitgeval,” het sy vertel.

Hierna wou die rowers weet of die egpaar vuurwapens het.

“Dis t(243)ó(233)é dat die een gedreig het om my te verkrag,” het sy gesê.

Die man het haar met 'n pistool gedreig en haar skootrekenaar ge(235)ëis.

Die gesteelde skootrekenaar bevat mev. Joubert se meestersgraadtesis, wat sy nou grootliks sal moet oordoen.

Die rowers het die egpaar daarna in die sitkamer op hul knie(235)ë laat sit met hul koppe vooroor gebuig – asof hulle tereggestel gaan word.

“Hy het die pistool beurtelings teen my en my vrou se agterkoppe gedruk. Ek het gedink dis die einde,” het mnr. Joubert gesê.
Hy het toe daaraan gedink om hulle van sy kluis te sê, wat hulle aandag blykbaar afgetrek het.

“Ek is seker dit het ons lewe gered,” het mev. Joubert gesê.

Die rowers het mev. Joubert daarna erg geskop en toe juweliersware en nog geld uit die kluis gaan haal.

“Net voordat hulle daar weg is, het een vir my gesê: ‘I want to kiss you goodbye.' Hy het my op die rug gesoen en my hard teen 'n kas gestamp.”

Die egpaar het nog so 15 minute stil in die huis vertoef voordat hulle die moed bymekaargeskraap het om by hul
bure hulp te gaan soek.

Kapt. Johannes Maheso, polisiewoordvoerder, het gesê 'n saak van huisroof met verswarende omstandighede word ondersoek.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Source: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Engele-beskerm-toe-rowers-aanval-20110105