Categories

S.Africa: Orania: Orania en die FIFA Sokker Wêreldbekertoernooi

WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.

Original Post Date: 2010-07-10 Time: 11:00:18  Posted By: JanOlifant

Die een ding wat Orania met di(233)é groot sportgebeurtenis in Suid-Afrika gemeen het, is die onophoudelike stroom joernaliste wat tans besoek aflê.

Dr John Strydom, skakelpersoon vir Orania, moet bontstaan en tot vier intenasionale mediagroepe per dag hanteer. Sommige van die mediagroepe bevat tot vyf persone, dus nogal ‘n aansienlike aantal vrae om op een dag te beantwoord!

In Orania is daar die gesegde dat ons nog net nie ‘n joernalis uit Ysland ontvang het nie, die res was al almal verskeie kere hier. Hulle kom werklik van oral: Japan, Singapoer, Nederland, Duitsland, Brasili(235)ë, Frankryk, Hongarye, Itali(235)ë en die VSA. Meer as dertig internasionale joernaliste per maand besoek Orania op die oomblik.

Hoewel Orania dwarsdeur die jaar besoekende internasionale joernaliste ontvang, word daar groot pieke beleef, byvoorbeeld tydens verkiesings en nou weer met die Sokkertoernooi. Min joernaliste snap die beginsel waarop Orania gebou word en wil dit dikwels koppel aan rassisme. Die gevolg van sulke artikels is dat ons dan ‘n aantal e-posse ontvang waarin Orania erge skroberings kry. Dit gee ons gelukkig die geleentheid om in gesprek te tree met die skrywers en hoflik ons kant van die saak te stel. Dikwels kom daar dan begrip vir ons strewe.

Die hoeveelheid positiewe e-posse veral uit Europa, raak toenemend meer as die negatiewe e-posse. Di(233)é e-posse vertel van bekommernis oor die snel veranderende demografie in Europa, oor die invloei van vreemde volke en vreemde kulture wat besig is om Europa se eeue-oue kultuur te versmoor. Die versugting is dikwels: “Dit lyk of Orania die resep gevind het om Afrikanerkultuur te bewaar. Kan ons by julle leer?”

Selfs Orania-kinders word aan joernaliste se indringende vrae blootgestel en moet van jongs af leer om hulleself polities te kan verantwoord.

Die afgelope weke moes Orani(235)ërs heelwat menings gee oor sokker, ‘n nuwe sportsoort vir die meeste inwoners. Oor die algemeen kry sport in Orania minder aandag as op ander plekke. Omdat die meeste mense ook fisies hard werk, is daar minder behoefte aan sportdeelname. In Orania word sport meer ter wille van ontspanning beoefen.

Dalk is Orania in hierdie opsig redelik gebalanseerd omdat sport nie bo alles verhef word nie. Hier besef ons veral dat kultuurbeskerming ‘n belangrike rol in ons oorlewing speel.

Maar ons kan ook ‘n goeie sokkerwedstryd geniet!

Source: http://www.orania.co.za