Categories

S.Africa: Orania:Orania se kraakvars neuteoes

WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.

Original Post Date: 2010-07-10 Time: 11:00:18  Posted By: JanOlifant

Die blare hang nog vir oulaas geel en herfserig aan die pekanbome in Orania. Dit is egter ‘n gesig wat ‘n mens moet geniet as jy die geleentheid het om dit te sien, want oestyd het reeds in alle erns begin. Op Orania is daar ongeveer 155 ha pekanneutbome aangeplant, wat sowat 15 500 bome verteenwoordig.

Dit is belangrik om te besef dat pekanneutboerdery ‘n langtermynbelegging is. Boere raak dikwels moedeloos vir die lang wagtyd en ploeg dan bome uit wat al ‘n paar jaar groeityd agter die rug het. Op Orania is die oudste bome nou ongeveer vyftien jaar oud en opbrengste verbeter nog jaarliks. Die nasionale gemiddelde opbrengs is ongeveer een duisend vyfhonderd kilogram per hektaar. Die uiteindelike verwagte gemiddeld vir Orania is tweeduisend kilogram pekanneute per hektaar. Daar word egter 'n gemiddelde van sowat 500 kilogram per hektaar vir die 2010-oesseisoen verwag omdat al die bome nog nie in volle produksie is nie.

http://www.orania.co.za/wp-content/uploads/2010/06/100_3417.jpg

Die boorde op Orania is almal in privaatbesit. Sommige word egter deur kontrakteurs onderhou.

Jong bome word nog met die hand geoes, maar die meeste bome is reeds sterk genoeg om meganies geoes te word. Di(233)é proses behels ‘n skudmasjien waar ‘n klamp om die boom se stam gehaak word en dan word die boom met ‘n vinnige vibrasie geskud. Die geel en bruin blare tuimel dan saam met die pekanneute grond toe en val in sommige gevalle op skadunette.

Johan Ferreira van Dendronboerdery, ‘n kontrakteur wat sowat 110ha met vyftien manne binne twee en ‘n half maande oes, het die oesproses al verder gemeganiseer. Hier word die neute wat op die boordvloer lê nadat die bome geskud is, met ‘n reuse suier aan ‘n trekker opgesuig terwyl die blare terselfdertyd uitgeblaas word. Johan maak ook gebruik van ‘n kragtige blaser, wat die neute op die boordvloer almal in een rigting blaas. Daar word reeds beplan om ‘n boordbesem aan te koop. Die boordbesem sal dan vooraan die trekker geplaas word met die blaser agteraan. Sodoende sal die neute in windrye gevee en dan maklik met die suier opgesuig word. Dit behoort produktiwiteit verder te verhoog.

By Dendronboerdery is daar ook onlangs ‘n nuwe verpakkingsaanleg in gebruik geneem. Die neute word op ‘n produksielyn met ‘n masjien skoongemaak en volgens grootte en kwaliteit gesorteer. Gekraakte neute word met die hand van ‘n vervoerband verwyder. Die gegradeerde neute val volgens grootte in sakke. Die sakke word toegestik en ‘n identifikasiekaartjie word aangeheg.

Die wit sakke met Orania-pekanneute word in ‘n koelkamer gestoor, gereed vir die uitvoermark waarvoor dit bestem is.

Neute uit sommige boorde word egter in Annatjie Joubert se Karoo-pekanaanleg meganies gekraak, uitgedop en in grootmaat vakuumverpak. Annatjie berei ook kleiner verpakkings voor met verskillende mengsels van neute, byvoorbeeld gebak, gegeur of met rosyne gemeng.

Die kwaliteit van neute uit die Bo-Karoo is besonder hoog, met ‘n gemiddelde uitdoppersentasie van tot 58%.

Pekanneute word beskou as een van die beste beskikbare gesondheidskosse en is besonder ryk aan voordelige vetsure en ook ‘n goeie bron van plantaardige prote(239)ïen. In Orania is dopvars pekanneute in oorvloed beskikbaar en Orani(235)ërs wat bederf is met goeie kwaliteit, vars neute, is al buitengewoon kieskeurig oor watter neute regtig lekker is!

Lida Strydom

Source: http://www.orania.co.za