WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.
Original Post Date: 2010-04-11 Time: 11:00:02 Posted By: JanOlifant
Mnr. Eugène Terre'Blanche se 15-jarige vermeende moordenaar is een van die eerste kinders in die land wat ingevolge nuwe wetgewing nie soos volwassenes verhoor sal word nie.
Die seun word verhoor ingevolge die Wet op Geregtigheid vir Kinders wat op 1 April in werking getree het.
Weens sy minderjarigheid het hy en sy 27-jarige mede-beskuldigde gister agter geslote deure in die Ventersdorpse landdroshof verskyn.
In die verlede is kinderbeskuldigdes nes volwassenes ingevolge die Strafproseswet vervolg.
Dr. Ann Skelton, direkteur van die Sentrum vir Kinderreg aan die Universiteit van Pretoria, het gesê die vernaamste verskille is 'n evaluering deur 'n proefbeampte en 'n voorlopige ondersoek in die landdros se teenwoordigheid voordat die saak begin.
Volgens Skelton maak die wet, wat 'n spoedige verhoor moontlik maak, voorsiening daarvoor dat alle persoonlike omstandighede van die kinderbeskuldigde in ag geneem word.
Kragtens die wet is tronkstraf die laaste uitweg en as dit wel opgelê word, word die kortste moontlike termyn voorgestel, maar dit maak tog voorsiening vir tot 25 jaar tronkstraf.
Skelton het gesê die 15-jarige is ingevolge die wet beter daaraan toe.
Hy en sy familie kan dankbaar wees dat hy ingevolge die nuwe wet verhoor gaan word.
Tog is mediaberigte dat hy skotvry kan afkom volgens haar “totale onsin”.
“Die wet vervolg beskuldigdes in oorleg met wat hulle gedoen het.”