WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.
Original Post Date: 2010-04-11 Time: 11:00:02 Posted By: JanOlifant
Kaapstad. – Daar is groeiende onrus in die regerende alliansie oor mnr. Julius Malema se verdelende invloed op landspolitiek en verhoudinge tussen swart en wit.
Niemand – onder wie ministers, senior alliansieleiers en parlementslede – is egter bereid om openlik en reguit oor hul vrese aangehaal te word nie.
D(237)ít word toenemend duideliker soos die politieke temperatuur styg in die nadraai van die moord op die AWB-leier, mnr. Eugène Terre'Blanche, en die ANC-jeugleier se onlangse omstrede uitsprake.
“Hy (Malema) dink hy is onaantasbaar en hy tree ook s(243)ó op.
“Die probleem is daar is 'n groot groep werklose, vervreemde jeugdiges wat aanklank vind by sy populistiese uitsprake en melodrama,” het die soveelste senior alliansieleier op voorwaarde van naamloosheid gesê.
Mnr. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, sou gister met Malema oor sy besoek aan Zimbabwe, sy uitsprake en die sing van die woorde “Skiet die Boer” vergader het.
Hy het in 'n radio-onderhoud gesê di(233)é kwessies sal ook binnekort op 'n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) bespreek word.
Mantashe kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.
Me. Helen Zille, DA-leier, het dit gister betreur dat “goeie, gematigde ANC-mense” nie die moed het om hulle openlik en beginselvas teen Malema uit te spreek nie.
Die jeugleier lei die ANC (233)én Suid-Afrika gevolglik aan die neus rond, meen sy. “Niemand in die ANC sê iets nie, want almal weet iets van almal anders.
“Niemand durf waag om uit te praat nie, want dan kan die kruitvat waarop hulle sit, ontplof.”
Sy het 'n dringende vergadering met Zuma aangevra, maar gesê die president maak enige beswaar af met die verskoning dat “Malema nog jonk en onervare is”.
Talle senior ANC-figure het die afgelope weke hul uiterste misnoe(235)ë met die jeugleier se openlike uittarting van gesag, partystrukture, vermanings en partykultuur teenoor Beeld uitgespreek.
D(237)ít het egter sonder uitsondering op voorwaarde van naamloosheid gebeur.
'n Ingeligte met direkte toegang tot Zuma het gesê Malema bearbei die president gereeld wanneer die ANC-jeugleier onder interne druk verkeer.
“As die NUK vergader en hy weet hy is in die moeilikheid, bel hy vir Zuma om sy kant te stel en haal gevolglik die angel uit enige skrobbering.”
Nog 'n senior alliansiefiguur het gesê die ANC is verkeerd om die omstrede “Skiet die Boer”- frase te verdedig.
Di(233)é persoon wou ook nie op die rekord aangehaal word nie en het gesê “mense moet verstaan dit is moeilik vir ons (om uit te praat)”.
“Malema het 'n paar baie slegte weke agter die blad en het probeer om daarvan te herstel (deur sy radikale optrede en uitsprake). Sy suurstof is die media en die blootstelling wat hy kry.”
Volgens hom het “almal” – van die partyleierskorps tot die media en sy aanhangers – 'n aandeel in die kultusfiguur waarin die jeugleier ontaard het.