Categories

S.Africa: Duur kar vir Julius is ‘blyk van waardering’

WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.

Original Post Date: 2011-07-24 Time: 05:00:02  Posted By: Grazy

Thanduxolo Jika
Die peperduur motor waarmee die ANC-jeugleier, mnr. Julius Malema, rondry, is 'n geskenk van 'n konstruksiebaas wat al meer as R200 miljoen se staatskontrakte in Limpopo losgeslaan het.


URL: http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1438/…

'n Ingeligte bron het aan Rapport gesê Malema se Range Rover van R1,2 miljoen is “'n blykie van waardering” van mnr. Matome Hlabioa van MPPJ Property Development vir die vet tenders wat hy danksy Malema se politieke invloed kry.
Limpopo is Malema se tuisprovinsie.

Hlabioa (44) het by navraag erken hy het die motor aan Malema gegee – en openlik gespog dit is nie die eerste keer nie.
Hlabioa was ook die grootste geldborg van die ANC-jeugliga se onlangse verkiesingskonferensie.

“Hy (Malema) ry my motors al lank voordat hy president geword het. As Julius iets soos 'n motor nodig het, gee ek dit vir hom,” sê Hlabioa.

“Ek besit meer as tien motors. Kyk na die motor wat hy ry – dit is sowat R1,2 miljoen werd – en dit is die goedkoopste kar wat ek besit.”

Hy ontken egter dat die motor 'n geskenk in ruil vir tenders was.

Hlabioa deel ook sakebelange met mnr. Cassel Mathale, premier van Limpopo.

Rapport het dokumente gesien wat wys die sukses van Hlabioa se konstruksiemaatskappy, MPPJ, loop saam met Malema se politieke opgang sedert laasgenoemde in 2008 die eerste keer as ANC-jeugleier gekies is.

MPPJ se Limpopo-kontrakte sluit in:
* 'n R115 miljoen-behuisingstender in 2007/2008 vir die bou van 2 981 huise in die Mopani- en Waterberg- munisipale gebied;
* n(243)óg 'n R15,38 miljoen-tender in Waterberg in 2007;
* 'n R3,35 miljoen-tender vir openbare werke in die Groter Giyani-distrik in 2008;
* 'n R11,6 miljoen-behuisingstender in 2008/2009 vir die Mogalakwena-munisipaliteit;
* 'n R12,9 miljoen-tender vir die opgradering van 'n laerskool in 2010;
* 'n R15,9 miljoen-tender vir werk aan n(243)óg 'n laerskool in 2010; en
* 'n R38,2 miljoen-behuisingstender vir 700 eenhede by Marble Hall in 2010.

Di(233)é onthullings kom n(225)á versoeke dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Malema aan 'n leefstyl-oudit moet onderwerp nadat dit bekend geword het hy gaan sy huis van R3 miljoen in Sandton laat sloop om 'n nuwe huis te laat bou wat tussen R7 miljoen en R16 miljoen kan kos.

Omdat sy Range Rover in MPPJ se naam geregistreer is, sal dit nie in 'n leefstyl-oudit van Malema aangedui word nie en dus nie vir hom enige belastinggevolge inhou nie.

Die bron sê: “Hy (Hlabioa) is 'n sakeman wat voordeel trek uit staatstenders. Daarom m(243)ó(233)ét hy geskenke gee aan mense soos Malema wat hom help om die tenders te kry – dit is 'n wedersyds voordelige verhouding.”

Mnr. Lehlogonolo Masoga, uitgeweke voorsitter van die ANC-jeugliga in Limpopo en 'n gewese vriend van Malema, sê: “Daar is nie iets soos 'n gratis ete nie. Wat in die ondersoek bevind is, is voor die hand liggend.”

Hlabioa sê oor sy verhouding met die omstrede jeugleier: “Malema is soos een van my kinders. Ek sorg al jare vir hom, selfs voordat hy president van die jeugliga geword het.”

Malema kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Hy het egter die afgelope week op vrae oor sy Sandton-spoghuis gesê: “Dit het net mooi niks met julle uit te waai nie?… Hou jul neuse uit my sake.”

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het gesê: “Ons praat net oor politieke kwessies in die media, nie oor persoonlike sake nie.”

Source: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Duur-kar-vir-Julius-is-blyk-van-waardering-20110723