Categories

South Africa: ‘Plakker meer regte as boer’ met wysigings. Shack dwellers have more rights than the farmer on his property.

WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.

Original Post Date: 2011-01-02 Time: 04:00:02  Posted By: Grazy

Jan 02 2011 05:00

Hennie Duvenhage

Kaapstad. – “Plaaswerkers en plaasplakkers het op die ou end meer regte op ons grond as ons self. Die ironie is dat opkomende boere, veral begunstigdes van grondhervorming, baie meer daaronder ly as blanke kommersi(235)ële boere.”

Dit is die reaksie van dr. Theo de Jager, adjunk-president van Agri SA en die organisasie se woordvoerder oor grondhervorming, na aanleiding van die publikasie van die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Uitbreiding van die Sekerheid van Verblyfreg deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming.

In die voorwoord van die voorgestelde wet word daar melding gemaak van die regte van grondeienaars, maar in die inhoud kom daar dadels van. Die klem val hoofsaaklik op die regte van plaaswerkers en plakkers.

Dit laat De Jager vra wat geword het van plaaseienaars se veiligheid, die reg op kommersi(235)ële boerdery, toegangsbeheer tot plase, beskerming teen diefstal en eiendomsreg.

Art. 7 van die voorgestelde wet stippel die definisie uit van plaasbewoners en sê dit verwys na enige persoon wat die reg het om op die plaas te woon en te boer of wie se familie die reg het om op die plaas te woon en te boer of op enige ander plaas wat die eienaar kan besit.

Hierdie wet gee dus nou vir plaasplakkers en werkers die reg om ook op die plaas te boer.

Die reg om op plaas te bly, word ook toegeken aan mense wat met 'n wettige plaasbewoner geassosieer word, soos nefies en niggies onder die ouderdom van 18 jaar, nefies en niggies ouer as 18, maar wat nog skool bywoon, sowel as broers en susters van die persoon wat op die plaas mag woon.

De Jager sê die voorgestelde wet plaas nie 'n beperking op die aantal geassosieerde persone wat hulle by plaasbewoner mag aansluit nie en daar word ook nie riglyne verskaf wat aandui hoe die grondeienaar in kennis gestel moet word van nuwe inwoners op sy grond nie.

In art. 18 van die voorgestelde wet word die regte van plaasbewoners aangegee en sluit in die reg op die aanhou van diere en die plant van gewasse, toegang tot paaie op die plaas, die reg om huise te bou en besoekers te ontvang, die reg om familielede op die plaas te begrawe, om kultuur te beoefen sowel as die reg op water, elektrisiteit en sanitasie.

De Jager sê die wet neem nie in ag dat die bestuurspraktyke en gesondheid van die plaaseienaar se eie diere in die gedrang kan kom nie, daar word ook nie 'n beperking geplaas op die aantal hektare wat 'n plaasbewoner mag bewerk nie.

Daar word ook nie 'n beperking geplaas op die hoeveelheid huise wat op plaas gebou mag word en waar op die plaas dit opgerig mag word nie. Daar is ook nie riglyne vir sanitasie nie en dit kan onder meer uitvoer-akkreditasie van produkte in die wiele ry.

De Jager sê die afdeling van die voorgestelde wet wat oor wettige uitsettings handel, is beter as die bestaande wet, maar hy voorsien probleme met die vereiste dat daar regeringsamptenare teenwoordig moet wees wanneer 'n groep mense by die afsetting betrokke is.

Die voorgestelde wet maak ook voorsiening vir die oprigting van agri-dorpies en gee aan die regering die reg om grond van plaaseienaars te onteien sodat die dorpies opgerig kan word.

De Jager sê hy is bevrees die voorgestelde wysings aan die Wet op Verblyfreg sal nie veel doen nie aan die lotgeval van 'n grondeienaar soos me. Phindi Khema, wat as opkomende boer in die Addo-distrik met 11 plakkers te doen gehad het wat sy saam met die plaas gekoop het. “Sy het haarself moedeloos gestry om van hulle ontslae te raak en einde ten laaste het sy die plaashek gesluit, dorp toe gery en die sleutels vir die departement van grondsake gaan teruggee, want sy kon nie langer onder die omstandighede verder probeer boer nie,” sê De Jager.

Source: http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Plakker-meer-regte-as-boer-met-wysigings-20110101