WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.
Original Post Date: 2010-04-11 Time: 12:00:01 Posted By: JanOlifant
Ventersdorp. – Mnr. Eugène Terre'Blanche se moordenaars het n(225)á sy dood sy broek afgetrek en sy geslagsdele ontbloot.
D(237)ít het gister tydens die hofverskyning van die twee moordverdagtes hier aan die lig gekom.
Voor die verskyning het rassespanning buite die Ventersdorp-landdroshof oorgekook.
Tientalle gewapende polisielede het ingegryp en later doringdraad gespan om te keer dat die woedende wit en swart skares mekaar te lyf gaan.
Mnr. Chris Mahlangu (27) en 'n 15-jarige het op vier aanklagte – moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede, crimen injuria, en poging tot roof met verswarende omstandighede – verskyn.
Die verrigtinge was met geslote deure omdat die een beskuldigde minderjarig is.
Gevra of die kind 'n vorige veroordeling het, het adv. Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), dit eers beaam en toe gesê dit word nog ondersoek.
Op die vraag of die aftrek van die broek op 'n haatmisdaad dui, was die antwoord dit sal tydens die verhoor uitkom.
Die saak is tot 14 April uitgestel. 'n Borgtogaansoek sal dan ingedien word, het mnr. Zola Majavu, die 15-jarige se prokureur, gesê. “My kli(235)ënt lyk sleg en is erg geskud.” Die kind se ma het volgens Majavu doodsdreigemente gekry.
In die ure voor die hofverskyning het sowat 500 mense voor die hof saamgedrom: Aan die een kant 'n paar honderd wit mense, meestal in kakie- en kamoefleerdrag met hier en daar 'n wapperende Vierkleur-vlag; aan die ander kant 'n paar honderd swart mense, meestal van die Tshing-township.
Teen die agtergrond van Bok van Blerk se “De la Rey” , wat voortdurend uit luidsprekers opgeklink het, het die wit mense omstreeks 10:00 “Die Stem” gesing en die swart mense in reaksie met die volkslied, “ Nkosi Sikelel' i-Afrika” , losgetrek.
'n Wit vrou met 'n Vierkleur-nekdoek het deur die skare gebars en 'n bottel koeldrank op van die swart mense uitgegooi.
Daarna het die twee groepe mekaar bestorm, maar die polisie het 'n blou muur tussen hulle gevorm en die dreigende geweld afgeweer.
Intussen het ander polisielede met 'n Nyala-pantservoertuig tussendeur die twee groepe gery en twee rye doringdraad tussen hulle gespan. Halfpad het die Nyala se regtervoorwiel in modder vasgeval.
Die wit mense het gelag, vir die polisie “Help 'n bietjie daar” en toe vir die swart mense “Bobbejaan klim die berg” gesing. Die spanning het opnuut opgevlam en die polisie moes weer keer dat die vuiste klap.
Mnr. Pieter Steyn, AWB-woordvoerder, het die wit skare tot kalmte gemaan “uit respek vir die Terre'Blanche-familie”. Op sy beurt het mnr. Bomba Matinyane (38), inwoner van Ventersdorp, die swart mense gekalmeer.
Matinyane en Steyn het later blad geskud en mekaar om verskoning gevra vir die groepe se optrede. Etlike ure later is die verdagtes blitsig uit die hof na die Nyala gebring wat toe in 'n polisiekonvooi met skreeuende sirenes weggejaag het.
Die swart skare het die verdagtes jillend en met vuiste in die lug toegejuig. “Hulle is ons helde,” het me. Tebogo Tshepo (25) uitgeroep. “Hy (Terre'Blanche) het baie van ons mense doodgemaak en beseer.”
Mnr. Dirkie Cronwright (26) van Boksburg het gesê: “Die oorlog is nou hier. Die geweer was gelaai, maar die sneller is nou getrek.”
Die AWB het beloof al hul beplande aksies sal “binne die landswette” wees.
Kapt. Ad(233)éle Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê geen werklike geweld het uitgebreek nie en geen rassevoorvalle is nog sedert die moord in die omgewing aangemeld nie.