Categories

TAU SA – Saake in die Land – JOU Plaas en JOU Wapen

WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.

Original Post Date: 2010-04-11 Time: 09:00:01  Posted By: JanOlifant

TLU SA se dagbestuur het vandag in Pretoria vergader om die situasie in die land te ontleed en te bespreek.

Die president van die organisasie, mnr. Ben Marais, sê dat na deeglike oorweging van alle faktore, TLU SA tot die slotsom gekom het dat die situasie in die land baie ernstiger is as wat die algemene opvatting is.

“As ons kyk na die historiese oploop van gebeure die laaste paar weke, wil ‘n onstellende patroon vir ons vorm aanneem, waarin die moord op mnr. Eugene Terre'Blache slegs ‘n moment is, maar ons is bevrees dat dit nie die einde is as daar nie drasties opgetree gaan word, hetsy deur die regering, hetsy deur die landsburgers self nie,” sê mnr. Marais.

“Rassepolarisasie kry al meer gestalte en die sneller vir nog meer konflik, lê in die hande van die ANC Jeugliga en sy radikale leier, wat skynbaar nie deur die regerende party tot orde, verantwoordelikheid en dissipline geroep kan word nie.

“Ons het die laaste weke gesien hoe dat plaasmoorde skielik die hoogte in skiet, hoe daar telkens in ander gedaantes gepraat is van nasionalisering van landbougrond, die verskyning van die opruiende liedjie, “Skiet die boere”, nog debatte rondom nasionalisering, en die uiteindelike moord op ‘n bekende leier. TLU SA raak al hoe meer oortuig daarvan, op grond van getuienis wat instroom, dat die moord op mnr. Terre'Blanche nie gewone misdaad was nie, maar ‘n suiwer politieke moord, waarby heel moontlik selfs die regering betrek kan word.

“Die wreedheid en barbaarsheid wat ons die laaste tyd tydens plaasmoorde gesien het, is herhaal tydens die moord op mnr. Terre'Blanche, en is buitensporig tot die beweerde dispuut waaroor die geskil sou gegaan het.

“TLU SA is moeg daarvoor dat daar gedurigdeur ‘n klimaat geskep word teen veral die boere. Kennis is geneem dat tydens die betogings by die Ventersdorpse landdroshof, daar weer aantygings gemaak is teen die boere, wat ‘n klimaat skep wat deur radikale elemente gesien kan word as ‘n regverdiging om boere aan te val. TLU SA verwerp dus stellings dat boere hulle werkers sleg behandel. As die werkers meen dat hulle sleg behandel word, is daar genoeg statutêre instellings waar hulle om hulp kan aanklop, en wat meet groot graagte en oorywerigheid hulle griewe sal aanhoor en ondersoek. Werkers het ook altyd die keuse om die plase waar hulle dan kwansuis sleg behandel word, te verlaat om beter behandeling, huisvesting, salaris en byvoordele elders te gaan soek, dalk op die ongeveer 45% landbougrond wat die regering steeds in sy besit het.

Dalk het die tyd nou aangebreek dat ons ‘n ernstige beroep doen op boere om maar ter wille van veiligheid en gemoedsrus, waar moontlik van hulle arbeidsmag ontslae te raak en te meganiseer.

“Sedert die moord op mnr. Terre'Blanche het TLU SA kennis geneem dat steeds meer gevalle skielik voorkom waar daar ‘n dispuut oor geld en betaling is. Boere moet daarop bedag wees dat dit skynbaar as die jongste gronde vir dispute verklaar word,” waarsku mnr. Marais.

“Ons is moeg vir die verskoning soekery waardeur alles gemanipuleer word, om die misdadiger na ‘n held te laat lyk, en die boer na die skurk te laat lyk. Dit is ‘n situasie wat nie langer geduld kan word nie,” sê mnr. Marais.

“Die feit is dat die ANC beheer oor homself en die land verloor het. Wat in die land plaasvind is niks anders nie as gewapende propaganda vir ‘n soort bevryding wat ons gedink het sestien jaar gelede al aangebreek het. In die lig daarvan, en omdat TLU SA ‘n verantwoordelike organisasie is, doen TLU SA ‘n beroep op sokkerspelers en -ondersteuners om weer te besin oor die wenslikheid om mense bloot te stel aan sulke toestande.”

Mnr. Marais sê dat TLU SA besig is om sy strategie tans te verfyn, en kan daarom nie nou sy hele aksieplan openbaar nie. “Ons sal dit spoedig aan ons lede deurgee. Inmiddels kan ons wel herhaal wat ons al voorheen gesê het, naamlik dat buurt- en plaaswagte as ‘n saak van dringendheid geaktiveer moet word. Ons glo dat ons nog maar aan die begin van die probleme staan, en uit ‘n Zimbabwiese koerant het ons verneem dat die ANC plaasbesettings op die Zimbabwe-styl beplan binne die afsienbare toekoms. Ons roep ons mense op om hulle wapenvaardighede te verbeter, sodat hulle hulleself suksesvol kan verdedig, en daarom is dit nodig om skietklubs te heraktiveer of uit te brei. Gebeurlikheidsplanne moet ook onmiddellik afgestof word,” sê mnr. Marais.

TLU SA gaan ook ‘n gesprek met die regering binne die volgende 14 dae eis, sodat di(233)é kan antwoord op ‘n lywige klagstaat wat aan hom voorgehou gaan word.

Mr. Ben Marais

President: TAU SA

Cell. 082 6742000

Mr Chris van Zyl

Assistant General Manager TAU SA

Tel. (012) 804-8031

Cell. 072 716 9299