WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.
Original Post Date: 2008-03-07 Time: 00:00:00 Posted By: JoAn
Submitted by ReaderX:
Mar 06 2008 11:36:34:440PM – (SA)
Virginia Keppler
'n Man van Erasmusrand, Pretoria, wat gehelp het om 'n vermeende inbreker aan te keer, het 'n nag in die polisieselle deurgebring.
D(237)ít omdat hy glo nie 'n polisielid R5 000 wou betaal om 'n aanrandingsklag teen hom te laat vaar nie.
'n Erg ontstelde mnr. Etienne Kruger het gesê hy is eergisteraand in hegtenis geneem op 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
D(237)ít ten spyte van die feit dat 'n polisielid wat as veiligheidswag by me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van binnelandse sake, se huis diens gedoen het, die situasie probeer beredder het.
Di(233)é drama het hom voor Kruger se huis, enkele meter van Mapisa-Nqakula se woning, afgespeel. Kruger het gevra dat die straatnaam nie bekend gemaak word nie.
Volgens Kruger het die minister se wag herhaaldelik gesê: “Dit is nie reg wat hier gebeur nie”, toe die polisie gedreig het om hom in hegtenis te neem.
Kruger se vrou, Christelle (40), het net n(225)á 20:00 buite gestaan toe hul hond vreeslik begin blaf het.
Kruger het ondersoek ingestel en op twee vermeende inbrekers afgekom wat besig was om oor 'n muur na die erf langsaan te spring.
“My vrou het die paniekknoppie gedruk. Ek en my seun, Tiaan (20), het straat toe gehardloop en op die hoek gaan staan omdat ons geweet het hulle (die verdagtes) is by die hoekerf in.”
Volgens Kruger was 'n ADT-veiligheidswag gou op die toneel.
“Een van die mans het by die erf uitgehardloop. Ek het hom probeer vang, maar hy het weggekom.”
Volgens Kruger het nog 'n ADT-wag opgedaag en di(233)é is saam met hom en sy seun by die erf in waar hulle die ander verdagte vasgetrek het.
Een van die wagte het Kruger gevra om di(233)é man vas te hou terwyl hulle nog versterkings per radio versoek het. “Ek het met hom tot by die minister se woning gestap en daar gevra vir boeie, maar daar was nie.”
Kruger het gesê toe die polisie opdaag, het die veiligheidswagte vertrek. “Die wagte het 'n nota in my posbus geplaas waarop staan: ‘One suspect arrested.' ”
Die verdagte het toe vir die polisie gesê Kruger het hom in die tuin, “waar hy slaap”, kom haal en aangerand.
“Hy wou hê ek moes hom na my dokter en 'n private hospitaal neem, maar ek het geweier.
“Die een polisieman sê toe as ek hom (die polisieman) R5 000 gee, sal hy nie 'n klag teen my aanhangig maak nie.”
Kruger het geweier en is in hegtenis geneem.
Die verdagte het saam met die polisie voor in die vangwa na die Brooklyn-polisiekantoor gery.
“Hulle het wild gery en ek het my toon en been beseer.”
Kruger is gister om 12:00 op waarskuwing vrygelaat.
Kapt. Phillip Lekoantsane, polisiewoordvoerder, het gesê die 53-jarige klaer in die saak werk as 'n tuinier vir Kruger se bure. Die bure het dit volgens Leko-antsane bevestig.
Hy het ook ontken dat 'n polisiebeampte Kruger vir R5 000 gevra het om die saak te laat vaar.
Volgens Lekoantsane maak die dossier net melding van 'n klein sny in die klaer se nek. Hy het gesê die saak word ondersoek.
Kruger het gesê hy gaan sy gesin en goed vat en die land verlaat. “Ek gee op.”
'n Woordvoerder van ADT het gister gesê die maatskappy kan nog nie kommentaar lewer nie.
Source: http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2283728,00.html