WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.
Original Post Date: 2004-02-22 Posted By: Jan
From the News Archives of: WWW.AfricanCrisis.Org
Date & Time Posted: 2/22/2004 11:44:05 AM
S.Africa: Farm safety & new gun laws (Afrikaans)
[Can somebody please translate this for me and e-mail it to me at: [email protected]? I received this from a group who deal with farm safety. This contains a discussion by someone on Radio Pretoria with a Senior Superintendent of the Police regarding the new gun laws. Jan]
Nuwe Wapenwet: Huidige stand van sake bly vir eers so voortbestaan:
Woensdagaand 18 Februarie om 18h15 (1e in reeks aflewerings oor die nuwe
wet)
Geagte Wapeneienaar
Die volgende informasie word beskikbaar gestel om meer duidelikheid oor
die verwarrende wapenwet (soos dit tans die geval vir die man op straat
is) te gee
Hierdie data is vervat nav. ‘n praatjie wat lewendig oor die radio
uitgesaai is op hierdie Woensdagaand, 18 Februarie Deser om 18h15. Snr.
Supt. (Kolonel) Andrew Lesch as gas van Radio Pretoria . LW- HIERDIE IS
SLEGS INFORMATIEF EN U MOET USELF ASB. DEEGLIK VERGEWIS VAN DIT WAT OP U
SPESIFIEK VAN TOEPASSING MAG WEES
Opsommenderwys:
1. Baie belangrik U HOEF GLAD NIE VOOR OF OP 31 MAART VANJAAR, VIR AL U
HUIDIGE WAPENLISENSIES AANSOEK TE DOEN NIE !!! 2. Die huidige ree(171)«ling
(Status Quo) word dus so gehandhaaf 3. Slegs dele van die nuwe wet is tans
in werking, soos bv: a) Wet 113 – Die magte aan Polisie mbt. insameling
van DNS monsters (verdagtes) b) Wet 140 – Die omskrywing en toepassing van
“Wapen-vrye sones” c) Verskeie ander (nie genoem nie) – Die akkreditasie
van instansies en die toepassing daarvan 4. Twee “Wapen-vrye” sones
bestaan nl, a) “Gun-Free Zone” – ‘n area, bv. ‘n winkel waar outomatiese
wapens onvanpas is en waar die eienaar oor sodanige beheer besluit (om
blykbaar misdaad met outomatiese wapens te verhoed en/of te beperk) b)
“Firearm-Free Zone” – ‘n area wat totaal en al vry van enige wapens en
ammunisie moet wees (behalwe natuurlik vir wetstoepassende en
sekuriteitspersoneel) 5. Visentering vir wapens/onwettige wapens deur die
SAPD is wel in sekere gevalle (onder sekere omstandighede) toelaatbaar
sonder ‘n lasbrief 6. Art. 120/G/2 (indien reg verneem is) verplig die
SAPD tot opleiding en inligtinsessies van hierdie nuwe wet (soos met
hierdie praatjie gedoen word) 7. Dit word weereens duidelik gestel: ALLE
HUIDIGE LISENSIES SOOS DIT TANS BESTAAN BLY GELDIG VIR DIE AFSIENBARE TYD
!!! 8. Indien u lisensie verlore/gesteel raak, doen onmiddelik aansoek vir
‘n duplikaat een (@ ong. R 60-00) 9. Slegs Windbukse kleiner as .22
kaliber (ook genoem no.1 Windbukse) is gedereguleer en benodig nie
lisensies nie ! 10. Vir erfstukke moet daar onmiddelik aansoek gedoen word
om sodanige wapen te kan besit deur die erfgenaam. Indien die erfgenaam
nie belangstel in die wapen nie, kan hy dit verkoop en/of aan ‘n ander
party skenk. Indien sodanige oordrag ‘n aansienlike tydperk gaan duur,
moet die wapen eerder vir die SAPD vir “veilige” bewaring gegee word 11.
Die minimum ouderdom vir aansoek om ‘n vuurwapen te mag besit onder die
nuwe wetgewing, blyk voortaan 21 jaar te wees 12. Selfs vir die
de-aktivering (bv, die omskepping van werkende wapen in ‘n nie-werkende
uitstallingsmodel) bv. ou 303’s, Sannas ens. moet die SAPD se toestemming
nog steeds verkry word en hulle ook sodanig in kennis gestel word 13.
Kluise: sal op ‘n latere geleentheid in die praatjie behandel word 14. Art
8. mbt. die stoor van wapens- wapens mag slegs gestoor word by ‘n privaat
indiwidu wat ook oor ‘n wapenlisensie besit en die nodige fasiliteite
daarvoor het. Die volgende basiese ree(171)«ls sal van toepassing wees a) ‘n
Volledige beskrywing van die wapen/s moet gegee word b) ‘n Brief wat
toestemming verleen deur sodanige partye moet opgestel word c) Die adres
van die stoorder moet duidelik aangedui word d) ‘n Afskrif van die eienaar
se lisensie/s moet aangeheg word e) Die stoorder mag glad nie enige van
die wapens vervoer nie, maar slegs die eienaar! 15. ‘n Indiwidu mag nie
‘n ander se wapen leen vir sy eie gebruik nie en ook nie enige van sy
wapens aan ‘n ander uitleen daarvoor nie (blykbaar nie eers vir
jagdoeleindes nie) 16. ‘n Vrou mag blykbaar wel haar man se wapen gebruik
om haarself/hulself teen bv. ‘n aanvaller te verdedig as dit die enigste
effektiewe middel is (in ag genome dat haar man saam met haar in die huis
is op daardie stadium, bv. die slaapkamer) Sy mag egter nie hierdie wapen
orals saam met haar ronddra nie Art. 49 van die strafproses het hier
betrekking en sal in ‘n volgende praatjie volledig behandel word
VIR Ve(170)ªRDERE INLIGTING KAN DIE SAPD SE NAVRAE-KANTOOR VIR MEER BESONDERHEDE
OF VRAE GEKONTAK WORD (012) 353-6111 kantoorure
BRON: Radio Pretoria praatjie in samewerking met Iudex-prokureursgroep en
verskeie ander kenners, elke Woensdagaand op Radio Pretoria om 18h15 –
18h45 Volgende praatjie (deel 2) volg op Woensdag 25 Februarie om 18h15
LW- HIERDIE IS SLEGS INFORMATIEF EN U MOET USELF ASB. DEEGLIK VERGEWIS VAN
DIT WAT OP U SPESIFIEK VAN TOEPASSING MAG WEES
Sien ook aangehegte twee dokumente mbt. dieselfde onderwerp
Vriendelik groete