WARNING: This is Version 1 of my old archive, so Photos will NOT work and many links will NOT work. But you can find articles by searching on the Titles. There is a lot of information in this archive. Use the SEARCH BAR at the top right. Prior to December 2012; I was a pro-Christian type of Conservative. I was unaware of the mass of Jewish lies in history, especially the lies regarding WW2 and Hitler. So in here you will find pro-Jewish and pro-Israel material. I was definitely WRONG about the Boeremag and Janusz Walus. They were for real.
Original Post Date: 2011-07-26 Time: 04:00:02 Posted By: Grazy
Deur: Neels Jackson
2011-07-26 01:00
Pretoria
Daar bestaan 'n gevaar dat jong Afrikanermans op dieselfde manier as die vermeende Noorse massamoordenaar mnr. Anders Behring Breivik kan knak en tot geweld oorgaan.
Breivik (32) het Vrydag 'n motorbom by regeringskantore in Oslo laat ontplof en daarna dosyne jong mense by 'n oord op die eiland Ut(248)øya met vuurwapens afgemaai.
Die selferkende Noorse massamoordenaar het gister met geslote deure en 'n kaalgeskeerde kop in 'n hof in Oslo verskyn.
Die amptelike dodetal is gister na 76 aangepas, nadat vroe(235)ër gedink is dit is soveel as 93.
Prof. Andr(233)é Thomashausen van Unisa se Instituut vir Buitelandse Reg en Regsvergelyking het gister gesê so iets kan moontlik ook in Suid-Afrika gebeur. Hy is om kommentaar genader nadat dit geblyk het Breivik het onder meer ook by 'n regse Suid-Afrikaanse webwerf geleen toe hy sy “manifes” van 1 518 bladsye opgestel het.
Di(233)é dokument bestaan grootliks uit skryfwerk van ander mense wat saamgeflans is om 'n omvattende beeld te gee van hoe Breivik sy stryd om die behoud van die Westerse beskawing sien.
Een van die groot temas is die stryd teen multikulturalisme. Hieroor het Breivik artikels uit 'n reeks op die webwerf http://iluvsa.blogspot.orggeleen. Dit is 'n regse webwerf met 'n groot banier wat sê: “I luv South Africa … but I hate my government.”
Een bydrae wat Breivik daar geleen het, verwys onder meer na “the modern South Africa, ‘The Rainbow Nation', where under black rule the Marxist ANC are viciously persecuting whites and where the Boers are facing a murderous genocide and where poignantly, let's not forget, many black people are now suffering far more than they ever did under apartheid”.
Thomashausen het gesê dinge in die geglobaliseerde wêreld gebeur selde in isolasie. Spanninge is baie meer geglobaliseer as tevore.
Suid-Afrika se dilemma is dat dit nog te ge(239)ïsoleerd is. Mense dink die land se probleme is uniek, terwyl gewelddadige misdaad in alle lande voorkom. Hy meen wat in ander lande gebeur, soos die aanvalle in Noorwe(235)ë, kan ook in Suid-Afrika plaasvind.
Volgens hom wend mense hulle tot sulke soort geweld as hulle voel daar is geen ander manier om hul standpunte te laat hoor nie.
Dan knak hulle. Hulle voel die hele wêreld dink hulle is gek en almal maak hulle stil; daar is niemand wat na hul vrese en bekommernisse wil luister nie.
D(237)ít is ook wat met die bomaanval van die Amerikaner Timothy McVeigh in Oklahoma-stad in die VSA gebeur het.
Thomashausen het daarop gewys iets soortgelyks het reeds tevore in Suid-Afrika gebeur toe die Wit Wolf, Barend Strydom, in die 1980's 'n aantal swart mense op Strijdomplein in Pretoria koelbloedig doodgeskiet het.
Hy weet van baie jong, wit Afrikaanse mans wat ook nou voel niemand neem kennis van hul standpunte en sienings en verteenwoordig hulle nie. Dit kan dan gebeur dat sulke mense hulle, soos Breivik, dalk tot geweld wend om hul stemme te laat hoor.
Volgens Thomashausen is dit anders as selfmoordbomaanvallers wat gedryf word deur 'n motief van selfopoffering vir die saak waarvoor hulle stry, en wat deur ander mense oortuig word om dit te doen.
■Intussen het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu gister gereageer deur te sê die aanvalle in Oslo is 'n bewys dat ekstremisme geen nasionale, kulturele of godsdiens-tige perke het nie.
■Sowat 100 000 mense het gister reg oor Noorwe(235)ë met rose gemarsjeer vir die slagoffers van die aanvalle – die grootste saamtrek ter vereniging sedert die Tweede Wêreldoorlog in di(233)é land.
Die Burger
Source: http://m.news24.com/dieburger/Wereld/Nuus/Terroris-se-SA-bande-20110726